unstructurally structural

The unstructurally structural ramblings of a South African Engineering student on exchange in Ghent, Belgium

Wednesday 15 February 2012

Eerste klas

Vir die wat wonder... klasse in Gent is nie veel anders as klasse in Stellenbosch nie... behalwe dat dit soos 2 ure langer is! Ek het gister my eerste klas hier gehad. Aangesien ek net een vak neem (Duurzaamheid van materialen en construkties - Sustainability of materials and structures), het ek net een keer 'n week klas vir 3 ure. Die eerste klas was redelik straight forward, het 'n bietjie hersiening gedoen van 'n vak wat ek in my 2de jaar voorgraads gedoen het. Dit was lekker om weer my geheue daaroor te verfris, aangesien dit daai tyd al een van my gunstelinge was. My tesis het ook al aan die gang gekom en trek nou al by 3 bladsye... hahaha!

Hierdie week is ietwat van 'n sosiale week. Dit is die eerste week van die nuwe semester en staan bekend as "Welcome week" vir die van ons wat nuut is hier. Die ESN (Erasmus student network - erasmus is soos uitruil in Europa) het vir elke dag 'n aktiwiteit gereel. Vanaand is daar pub night en karaoke... ek is ongelukkig in die bed met keelseer en dis reenerig buite. Plus ek moet my kragte spaar vir Vrydagaand se speed dating en traffic light party! Ons was laas Vrydag op 'n toer saam met ESN in Gent. Dit was lekker en interessant (foto's onder)! Was ook Vrydagaand vir die eerste keer uit gewees! Dit was 'n belewenis, maar ons moes die aand 2h eindig aangesien ons die bus huistoe moes vang. Dit was vrek koud, maar teen 2h het ons dit nie eers meer agtergekom nie! Seker maar al die Duvels (bier) en shots (onbekend presies wat daarin was) wat ons ingehad het!

Links: St Baafs Katedraal, Middel: Jacob van Artevelde wat in die rigting van Engeland wys, Regs: Random huis.

No comments:

Post a Comment