unstructurally structural

The unstructurally structural ramblings of a South African Engineering student on exchange in Ghent, Belgium

Monday 20 February 2012

Party please! Problem?


So, ek het nogal ‘n eventful naweek gehad! Dit was nou vir jou prettig! Dit het begin Vrydagaand met speed dating by die Therminal (dis waar die ESN se headquarters is), daar het ek baie mense ontmoet! Aangesien daar heelwat meer meisies as ouens was het ek sommer met die girls geskakel. Dit was egter nie lank voor ons ander planne bedink het nie! Ek en Lieven (mens se dit Liewen, hier is “v” gelyk aan “w” en “w” gelyk aan die Engelse “double u” soos in “what” of “who”) het opgeteam en toe word dit nou eers interessant! Ons het sommer vinnig-vinnig vir Jacek (uitgespreek “Jat-sek”) betrek en lekker gelag vir my naam kaartjie, aangesien niemand my naam so lekker kon uitspreek of verstaan nie – ek was ‘n hele paar keer Johanna! Daarna is ons Twitch toe vir ‘n traffic light party – dra ‘n groen bandjie as jy single is, geel as dit complicated is en rooi as jy gevat is. Aangesien die mense hier se uitgaan kuiers eers so tussen 11 en 1 begin en die clubs en pubs eers 6h toemaak, was dit nogal ‘n laat aand (of vroeë oggend), maar so die moeite werd!

Saterdamiddag is ons Brugge toe, dis so uur met die trein se ry see se kant toe. Ons het ‘n toer gehad en baie foto’s geneem. Dit was baie mooi en interessant behalwe vir die reën wat later die pret so bietjie bederf het! Ons is terug Gent toe so teen 6h se kant en toe ek in my bed geval van moegheid!

Sondagmiddag is ons na ‘n karnaval in Aalst toe. Blykbaar hou die mense hier groot partytjie voor Lent begin en dis toe by dié partytjie waar ons opeindig. Die mense trek verskriklik awesome aan en die kostuums is in die fynste detail beplan en gemaak. Dit is regtig ‘n ongelooflike ervaring! Ek het BAIE cross dressers gesien… dit het my nogal laat wonder hoeveel van die mans eintlik nog altyd graag high heels en leggings wou gedra het! Hier het ek, Silke, Brecht en Hugo sommer gou vir ons ‘n paar maskers op die sypaadjie aanmekaar geslaan en daar is ons toe weg om die vlotte te gaan bekyk en die pubs in te vaar. In die pubs was die mense maar redelik flou en ek en Brecht besluit toe om die partytjie bietjie aan die gang te kry deur snaakse dans moves te gooi in die middel van die pub – ons het nogal ‘n paar aanhangers gekry daar! Toe die partytjie nie wou lewe kry nie is ons huis toe. Gelukkig is vandag en môre vakansiedae en het niemand klas nie so almal kan lekker herstel van die naweek se bedrywighede! Môre is ons oppad Binche toe vir nog ‘n karnaval!


FOTO'S; Bo v.l.n.r: Lieven en Abdul van ESN; Jacek in Brugge; Brecht, Silke, ek en Hugo in ons "costumes" in Aalst.
Onder v.l.n.r: Lieven en ek in Brugge; Ek en Johann (van SA) in Brugge; Een van die deelnemers aan die vlotoptog in Aalst - kyk daai costume!


Video van dansende kersbome! HAHAHAHA

No comments:

Post a Comment